Mense wat Ebola gehad is, is virus reservoirs

Die jongste navorsing toon dat persone wat Ebola gehad het en oorleef, nuwe uitbrekings van die siekte tot vyf jaar later kan veroorsaak. Verskeie gebiede op die vasteland word beskryf as ‘virus-reservoirs’. Die virus is dan in die weefsel van die pasiënt en is nie aktief nie. Die persoon sal ook negatief toets. Die navorsing wat in die vaktydskrif Nature gepubliseer is toon dat die jongste uitbreking van Ebola in Guinee presies dieselfde is die een wat in 2013 tot 2016 voorgekom het. Dit was voorheen geglo dat uitbrekings veroorsaak is deur persone wat in kontak met die dier met die virus gekom het. Die navorsers sê opvolg monitering na ‘n uitbreking van Ebola is dus van kritiese belang.