Ons moet meer doen om ons boere te ondersteun

Sedert die aanvang van die inperking het ons gesien hoe baie kleinboere hul produkte verloor omdat hulle nie die produkte kon verkoop nie en dat mense nie vryelik kon beweeg nie. Volgens Pieter van Niekerk, voorsitter van Team Namibia, is dit inderdaad moeilik vir hulle om boeremarkte te hê weens die beperkings. Van Niekerk het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.