NamWater stoei steeds met hengelaars

NamWater is weer vandag in die Hoërhof voor regter Kobus Miller in die saak waar hy poog om ‘n uitsettingsbevel teen die Namibiese Federasie vir Varswaterhengelaars by die Swakoppoortdam te bekom. Die watervoorsiener sê daar is reeds in Augustus 2016 ooreengekom dat die federasie die gebied sou verlaat, 13 maande voor die drie-jaar kontrak wat in 2014 onderteken is, sou verstryk. NamWater sê die federasie het nog steeds nie ontruim nie. Die maatskappy het nie redes verskaf oor hoekom die hengelaars moet uit nie. Die federasie verdedig en het ‘n teeneis van 900 000 in skadevergoeding ingedien. Die federasie soek vergoeding vir strukture wat hy opgerig het. Die saak kom voor vir ‘n statusverhoor en verskeie kwessies sowel as saakbeplanning sal bespreek word.