Kommer oor jeugagentskap se vermoë om jeug by te staan

Die DA sê hy is baie bekommerd oor die buurland se Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap se onvermoë om die werkloosheidskrisis onder die Suid-Afrikaanse jeug aan te pak. Die party het na ‘n onlangse besoek aan die agentskap se kantore oral in die land aan die uitvoerende hoof, Waseem Carrim, geskryf en probleemgebiede uitgewys. Die DA se Federale Jeugleier, Luyolo Mphithi, sê sommige van die kwessies, soos ‘n tekort aan kritieke toerusting by talle kantore, moet dringend aandag kry: