SA-bulpryse deur die dak

Suid-Afrikaanse beesprodusente betaal volgens berigte baie meer vir bulle as voorheen. Die afgelope twee jaar is die hoogste pryse ooit vir geregistreerde bulle by veilings betaal. ‘n Beefmaster-stoetbul van Bos Blanco in die Vrystaat is onlangs vir 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand verkoop terwyl ‘n ander bul 1,7 miljoen rand gehaal het. Die gemiddelde prys waarteen bulle die afgelope jaar by plaaslike veilings verkoop is, het met minstens 20 persent gestyg. ‘n Geregistreerde bul kan ‘n produsent nou tot 100 000 rand uit die sak jaag.