Derduisende onwettige immigrante uit SA geskopApril 2, 2025
Die Departement van Binnelandse Sake het in die 2024/25-boekjaar 46 898 onwettige immigrante gedeporteer. Volgens die departement is dit ‘n toename van 18 persent teenoor die vorige jaar en meer as Frankryk en Duitsland saam. Minister Leon Schreiber sê die jongte syfers dui die hoogste uitsettingsgetalle vir die laaste vyf jaar aan en het die vorige vlakke verdriedubbel. Hy skryf dit toe aan strenger wetstoepassing en samewerking met wetstoepassingsagentskappe. Schreiber sê streng optrede, tesame met digitale hervormings op grense, versterk nasionale sekerheid.