Motorsport: Groot druk op Tsunoda in die naweek se Japannese Grand PrixApril 2, 2025
Yuki Tsunoda se oorname by die Nieu-Seelander Liam Lawson as Red Bull se tweede renjaer het glo die dinamiek van die naweek se Japannese Formule Een Grand Prix in Suzuka verander. Die enigste plaaslike renjaer sal geweldige druk ondervind nadat Lawson ná net twee wedrenne afgegradeer is na Red Bull se tweede span, Racing Bulls. Tsunoda beskryf sy eerste wedren vir Red Bull, sy eerste in die motor en die wedren tuis as ‘n mal situasie. McLaren het die eerste twee wedrenne van die seisoen gewen.