Duitse regering gee studiebeurse aan Namibiërs vir groen waterstof-industrieAugust 26, 2021

Die Namibiese regering het ‘n samewerkingsooreenkoms met Duitsland onderteken wat studiebeurse aan Namibiese studente ter waarde van 40 miljoen euro sal voorsien om in die veld van groen waterstof-industrie te studeer. Die groen waterstofkommissaris, James Mnyupe, sê buiten die studiebeurse, sal dit ook fondse voorsien vir volhoubaarheidstudies en die konstruksie van groen waterstof-aanlegte by Lüderitz, en onder meer in die streke van Erongo en Kunene. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obed Kandjoze, het gesê die werk om klimaatsverandering in Namibië te takel, moet vandag begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *