SA Landbank toon steeds verlies

Suid-Afrika se Landbank het bekend gemaak hy het in die jaar tot einde Maart weer ‘n verlies getoon en moet nog ‘n skuld-herstruktureringsplan voltooi. Die bank het in ‘n voorlegging aan die parlement gesê hy het in die 2020/2021-boekjaar sowat 1,1 miljard-rand verloor teenoor 1,3 miljard die vorige jaar. Die bank het ook nie ‘n sperdatum vir herstrukturing in Maart vanjaar gehaal nie. Hy het verlede jaar ‘n reddingsboei van drie miljard rand van die regering ontvang en ‘n verdere sewe miljard is vir die huidige begroting toegeken.