SME’s in Opuwo bygestaan

Die adjunk Namibiese minister van geslagsgelykheid en armoede uitwissing Bernadette Jagger het 88 000 Namibiese dollar se toerusting aan klein sakeondernemings op Opwuo oorhandig. Jagger sê agt begunstigdes is geïdentifiseer in naaldwerk, tuinbou en die skoonheidsbedryf. Volgens haar is die skenkings gedoen deur die ministerie se inkomste-genereringsprogram wat klein besighede in arm gemeenskappe ondersteun om uit te brei en beter dienste te lewer. Die toerusting bly die eiendom van die ministerie en kan teruggeneem word indien dit nie korrek gebruik word nie. Die program het reeds talle besighede regoor die land bygestaan en is in 2017 van stapel gestuur. Dit kom volgende jaar tot ‘n einde.