Februarie was nat oor meeste van landMarch 19, 2025
Die Namibiese Meteorologiese Diens sê Februarie was ‘n nat maand oor die grootste deel van die land, maar dele van die suide en ooste het geen reënval aangeteken nie. Die hoogste reënval was oor die Sentraal-Noordelike streke, Kavango-Wes en Otjozondjupa. Die hoogste maandelikse reënval was in Awagobibtal met 338mm, Etayi met 305mm en Onayena met 295mm. Sommige weerstasies het neerslag van meer as 50mm in 24 uur aangemeld. In Windhoek is 295,4mm gemeet in Februarie, teenoor die 20-jaar gemiddeld van 262mm vir die maand. Temperature was ook gemiddeld veel laer weens die bewolkte weer oor meeste van die land.