Temperatuur styg te veel, meer as 1,5°CMarch 19, 2025

‘n Nuwe rekord is in 2024 vir wêreld-temperature bereik wat gemiddeld meer as 1,5 grade Celsius hoër is as voor-industriële vlakke. Die Wêreldklimaatsorganisasie het dié inligting in sy wêreldklimaatsverslag verstrek. Die verslag het data uit 101 lande saamgestel en sê ook seetemperature het vir die agtste agtereenvolgende jaar tot ‘n rekordvlak gestyg. Die samesteller, John Kennedy sê die hoofoorsaak is die voortdurende styging in kweekhuisgasvrystellings met die El Niño-effek wat ‘n kleiner rol speel.