Shipwikineni onttrek sy Swapo-saak March 19, 2025
Die saak van die voormalige lid van die Swapo-jeugligla se Erongo-streek se uitvoerende komitee, Reinhold Shipwikineni teen Swapo kom weer vandag voor regter Boas Usiku voor maar met kennisgewing dat hy sy saak onttrek. Sy regsman Richard Metcalfe het op 12 Februarie onttrek. Hy het intussen verdediging bekom maar net om die saak terug te trek en te onderhandel oor kostes wat hy sal moet dra. Shipwikineni het geëis dat die party na drie maande na Hage Geingob se afsterwe ‘n buitengewone kongres moes gehou het.