Kavango Wes kort N$6 miljard vir ontwikkeling March 19, 2025
Joseph Sikongo, die voorsitter van die Kavango Wes-streeksraad, het tydens ‘n strategiese vergadering gesê hulle het meer as 6 miljard Namibiese dollar nodig om hul ontwikkelingsteikens oor die volgende ses jaar te behaal. Die streek het ook teen 58 persent die hoogste werkloosheidsyfer in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mathews Hamutenya, die streeksraad se woordvoerder, wat uiteensit waar hulle die geld vandaan gaan kry.