Krieket reën uit, Zoë Waldschmidt in Afrika-span vir Oceania Motocross-bekerMarch 18, 2025

Die eerste kragmeting in Namibië en Kanada se T20-reeks is vandag afgelas sonder dat ‘n bal geboul is, weens aanhoudende reën in Windhoek. Hul volgende wedstryd is geskeduleer vir 2-uur môremiddag, en hopelik speel die weergode hierdie keer saam! In ander plaaslike sportnuus is die 19-jarige Zoë Waldschmidt van Windhoek in die Afrika-span ingesluit wat by die Oceania Motocross-beker in Australië gaan deelneem. Die elite geleenheid vind op 22 en 23 Maart by Wonthaggi in die staat Victoria plaas, waar die span van vyf teen Australië, Nieu-Seeland en die VSA sal meeding. Dit is die eerste keer dat Afrika by die geleentheid ingesluit is.