SA se belkraanvoël se bedreigde status afgegradeerMarch 18, 2025

Die belkraanvoël – die grootste, seldsaamste en mees bedreigde van Suid-Afrika se ses kraanvoëlspesies – is afgegradeer van kritiek bedreigd tot bedreigd. Belkraanvoëls, wat in die winter broei en afhanklik is van vleilande, is in 2015 as ‘n kritiek-bedreigde spesie in sekere gebiede gelys toe slegs 267 voëls tydens ‘n lugopname in KwaZulu-Natal aangeteken is. Damian Walters van die Afrika-kraanvoëlsbewaringsprogram sê die afgradering beklemtoon die noodsaaklikheid van samewerking met die beskerming van ‘n spesie en sy gras- en vleiland-habitat waarvan almal afhanklik is.