Geingob-gedenknoot vandag in banke beskikbaar March 18, 2025

Die 60 Namibiese dollar gedenkbanknoot ter ere van wyle president Hage Geingob en sy 60 jaar diens aan die land, is van vandag af by banke beskikbaar. Aangesien dit ‘n beperkte uitgawe is, kan dit slegs binne banke oor die toonbank verkry word. Sandra Garises, die Bank van Namibië se kommunikasie-kantoor spanleier, gee meer inligting.