As alles hou behoort brandstofpryse te daalMarch 18, 2025

April sal na verwagting verligting vir Suid-Afrikaanse motoriste bring, aangesien brandstofpryse aansienlik sal daal. Volgens die jongste gegewens van die Sentrale Energiefonds kan petrolpryse met tussen 85 sent en 98 sent daal, terwyl dieselpryse met tot 87 sent kan daal. As die huidige neigings voortduur kan pryse selfs meer daal, maar skommelinge in globale oliepryse en wisselkoerse sal die finale aanpassing beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor vir sy plaaslike voorspelling.