Trump en Putin gesels vandagMarch 18, 2025

Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal vandag met Russiese president Vladimir Putin praat oor die beëindiging van die Oekraïne-oorlog. Trump sal probeer om Putin se steun wen vir ‘n 30-dae-wapenstilstandvoorstel wat Oekraïne reeds aanvaar het. Albei kante het Maandag hewige lugaanvalle uitgevoer. Rusland was ook nader daaraan om Oekraïnse magte uit die Wes-Russiese streek Kursk te dryf. Trump het met verslaggewers op Air Force One gesels tydens ‘n vlug na Washington vanaf Florida.