Trump en kie verdedig deportasie van Venezolaanse bendeledeMarch 17, 2025
Die Trump-administrasie het sy besluit verdedig om die Wet op Buitelandse Vyande van 1798 te gebruik om 238 meesal Venezolaanse bendelede na ʼn tronk in El Salvador te deporteer. Dit volg nadat ʼn federale regter besluit het om die administrasie se gebruik van die wet om deportasies te regverdig, tydelik op te hef. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê hulle het nie die bevel verontagsaam nie, want dis uitgereik nadat die migrante Amerika verlaat het. Sy sê die bevel het geen regsgronde nie.