Mededingingskommissie bevind GIPF het oortreeMarch 17, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy ondersoek vir beweerde anti-mededingende optrede teen die Staatsinstellings Pensioenfonds, Kuleni Financial Services en die Kuleni Bewaringsfonds voltooi. Die kommissie sê die respondente het wel ‘n eksklusiewe ooreenkoms aangegaan en hul oorheersing misbruik het. Die kommissie sê hoewel sy bevindings ‘n oortreding van die Wet aan die lig gebring het, is ‘n finale besluit nog nie geneem nie en wil aan die respondente ‘n geleentheid bied om voorleggings in die verband te doen. Die fonds het Kuleni eksklusief gebruik met die uitsluiting van alle ander bewaringsfondse, en sodoende sy lede se toegang tot die breër pensioenfondsmark beperk.