Derduisende forensiese gevalle hoop op in SAMarch 16, 2025

Die DA vra vir ‘n volledige forensiese oudit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se DNS-verwerking en forensiese laboratoriums na die onthulling van ‘n skokkende agterstand van 140 000 gevalle. Die party blammeer die verouderde toerusting, swak bestuur, en die onbehoorlike hantering van DNS-bewyse vir die vertraging van geregtigheid, veral met geslagsgebaseerde geweldsake. Ian Cameron van die DA waarsku dat die mislukking met DNS-verwerking veroorsaak dat misdadigers wegkom: