Plaaslike owerhede, verbruikers verdrink in waterskuldMarch 16, 2025
Plaaslike owerhede en verbruikers het teen die einde van Februarie vanjaar sowat 3,5 miljard Namibiese dollar se water- en elektrisiteitskuld gehad. Skuld by NamWater beloop 2,4 miljard dollar, terwyl 960 miljoen aan NamPower verskuldig is. Die kragvoorsiener moes verlede jaar 157 miljoen in slegte skuld afskryf.