Grand Prix: McLaren neem voortouMarch 16, 2025

Lando Norris van McLaren en sy spanmaat Oscar Piastri spring vandag voor weg in die eerste Grand Prix van die seisoen in Melbourne, Australië. Norris was in gister se kwalifiserende ronde 0,084-sekondes voor Piastri. Die heersende kampioen Max Verstappen is derde, met George Russell vierde vir Mercedes, voor ‘n indrukwekkende vyfde plek vir Yuki Tsunoda in die Racing Bulls-motor. Lewis Hamilton, wat vir die eerste keer vir Ferrari jaag, was agtste.