OTM-bomaanvalle in SA drasties minderMarch 15, 2025
Die jongste verslag deur ‘n bedryfswye taakspan, Project Big-Bang, dui aan OTM-bomaanvalle in Suid-Afrika het tussen November 2024 en Januarie 2025 met 30,7 persent verminder. Die inisiatief is in Mei 2024 van stapel gestuur en het tot 46 arrestasies gelei. Verder is daar beslag gelê op plofstof, voertuie, vuurwapens en 400 000 rand kontant in note wat met kleurstof gemerk is. Die projekbestuurder, Mischa Theron, skryf die sukses toe aan samewerking en data-gedrewe intelligensie. Sy sê die projek het ‘n presedent geskep vir toekomstige misdaadvoorkomingspogings in Suid-Afrika.