Waak teen swaar donderbuie dié naweekMarch 15, 2025
Swaar tropiese vog is besig om die land in te beweeg en Namibië se weerdiens het ‘n weerwaak vir vandag en môre uitgereik. Wydverspreide swaar donderbuie word oor groot dele van die land verwag, veral in die Khomas-streek. Die weerdiens maan die publiek teen moontlike kitsvloede en sê boere moet voorberei vir moontlike skade aan hul gewasse en vee-verlies.