Grand Prix: Moederstad of Jo’burg?March 15, 2025
Suid-Afrika sal later vanjaar hoor of Kaapstad of Johannesburg gaan bie om die eerste keer in meer as drie dekades ‘n Formule Een-Grand Prix na Afrika te bring. ‘n Komitee wat die minister van Sport, Gayton McKenzie, aangestel het, sal die keuse maak tussen ‘n straatwedren in die Moederstad of die geskiedkundige Kyalami. ‘n Lid van die komitee, Mlimandlela Ndamase, glo Suid-Afrika sal in 2027 ‘n Grand Prix kan aanbied. Die laaste Grand Prix in Afrika was in 1993 op Kyalami.