Gevaarlike ligte flikker oor maselsMarch 15, 2025

Masels-gevalle was verlede jaar dubbel soveel in Europa en Sentraal-Asië as in 2023, wat die Wêreldgesondheidsorganisasie en UNICEF laat waarsku het dis ‘n wekroep. Meer as 40 persent van die 127 350 gevalle wat verlede jaar in Europa aangemeld is, was kinders onder vyf. Dit is die hoogste aantal gevalle sedert 1997. ‘n Halfmiljoen kinders in the streek het hulle eerste masel-inenting misgeloop. Twee dosisse van die entstof is 97 persent doeltreffend om die siekte te voorkom, wat een van die aansteeklikste virusse vir mense is.