NHE se inkomste styg met 35%March 15, 2025

Die Nasionale Behuisingsonderneming se geldsake is gesond, het direksievoorsitter Toska Sem Vrydag gesê. Dié staatsonderneming het ‘n wins van sowat 6 miljoen Namibiese dollar in sy 2023/24-boekjaar getoon. Inkomste het met 35 persent gestyg, hoofsaaklik danksy meer wooneenhede wat verkoop is. Sem het die jongste finansiële uitslae tydens ‘n mediakonferensie vrygestel: