Rugby: Skotte wil Franse ontwrigMarch 15, 2025

Die Skotse losskakel Finn Russell sê ‘n kans om vandag ontwrigting te saai en Frankryk te ontneem van sy poging om die Sesnasies-titel te beklink, dien as die span se aansporing. Skotland kan Frankryk se tweede Sesnasies-oorwinning binne vier jaar op die Stade de France omvergooi, met Engeland en Ierland wat hoop om vroeër in die dag druk op Les Bleus te plaas. Die besoekers se kans op die titel is omtrent neusie verby oor hulle lae punte teenoor dié van Frankryk, maar Russell hoop hulle kan die pret in die Franse hoofstad versuur.