Goudprys eerste keer ooit bo US$3 000March 14, 2025
Goud het vandag vir die eerste keer ooit tot meer as 3 000 Amerikaanse dollar per fynons gestyg. Beleggers het na dié bate gestroom, en beskou dit as ‘n veilige hawe te midde van onsekerheid oor die gevolge van Amerikaanse tariewe. Goud het in die oggendtransaksies met 2,94-persent gestyg, ‘n dag nadat die metaal sy rekord van laat Februarie verbeter het.