IUM open kampus op EenhanaMarch 14, 2025
Die Internasionale Universiteit van Bestuur se Eenhana-kampus in die Ohangwena-streek is vandeesweek amptelik deur streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga ingehuldig. Ndeitunga het benadruk dat die kampus daar is om die streek en Namibiese burgers te dien, nie net as ‘n plek vir salaristrekkers nie. Die universiteit is die derde tersiêre instelling in die streek, saam met Nust en die Beroepsopleidingsentrum. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur.