Vertragings by grensposte deur NamRA ondersoekMarch 14, 2025
Die Namibië Inkomste-agentskap het sy studie vir die Trans Kalahari-grenspos se gemiddelde tyd vir prosessering bekend gestel. Die agentskap sê vertragings by grensposte stoot besigheidskostes met gemiddeld 30 persent op. Die studie was om knelpunte te identifiseer en die grenspos se effektiwiteit te meet. Tydens die bekendstelling het Sikongo Haihambo, die adjunk-uitvoerende direkteur van die handelsministerie, gesê dat die doel is om een-stop-grensposte te vestig.