Indian Wells: Alcaraz deur na laaste 8March 13, 2025
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is die vierde agtereenvolgende jaar deur na die kwarteindstryd van die Indian Wells Meesters. Die Spanjaard het maklik met 6-1, 6-1 Grigor Dimitrov van Bulgarye getroef en pak volgende Francisco Cerundolo van Argentinië, wat met 7-5, 6-3 klaargespeel het met die Australiër Alex de Minaur. Alcaraz hoop om die toernooi ‘n derde keer in te palm. Die 22-jarige Ben Shelton het sy landgenoot Brandon Nakashima met 7-6, 6-1 geklop en die jongste Amerikaner in 21 jaar geword om die kwarteind te haal. Die Rus Daniil Medvedev en Jack Draper van Brittanje is ook deur na die laaste agt.