Bates van kinderpornografie-egpaar gekonfiskeer March 12, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid het beslag gelê op eiendom van Darryn Wilken en sy vriendin, Tiona Moodley. Hulle word beskuldig dat hulle ʼn kinderpornografie-verspreidingsnetwerk bedryf. Die paartjie wat in Januarie vasgetrek is, word beskuldig dat hulle materiaal van kinders wat seksueel mishandel word vervaardig en versprei, asook van dwelmbesit en geldwassery. Die NVG-woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê hierdie saak word plaaslik en in die buiteland ondersoek om kinders se regte te beskerm: