Duterte in aahouding na ICC-lasbrief uitgereik isMarch 11, 2025

Die oudpresident van die Filippyne Rodrigo Duterte word aangehou nadat die Internasionale Strafhof ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het vir misdade teen die mensdom. Tydens die 79-jarige se ampstermyn is ‘n wrede veldtog teen dwelms gevoer waarin meer as 6 000 mense dood is. Die Strafhof sê hy het jurisdiksie oor Filippynse misdade voor die land in 2019 as lid onttrek het. Die organisasie Human Rights Watch sê Duterte se arrestasie is ‘n belangrike stap tot aanspreeklikheid vir die land.