Huldeblyke stroom in vir ontslape FugardMarch 10, 2025
Die Markteater-stigting beskryf die bekroonde Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur, Athol Fugard, as ʼn reus wat die land se draaiboekskrywery wêreldwyd bekend gemaak het. Die 92-jarige Fugard is na ʼn lang siekbed by sy huis in Stellenbosch dood. Die Oos-Kaapse skrywer se werk sluit in Blood Knot, Tsotsi en The Island. Die Sentrum vir Kreatiewe Kunste by die Universiteit van KwaZulu-Natal loof Fugard se groot bydrae tot Suid-Afrikaanse teater en voeg by sy dramas sal geslagte lank ʼn nalatenskap wees.