Nandi-Ndaitwah word Swapo se eerste vroulike presidentMarch 9, 2025

Verkose landspresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is by Swapo se agste buitengewone vergadering in Windhoek ingelyf as die party se eerste vroulike president. Die amp het vakant geword met die dood van voormalige president Hage Geingob en kontroversie het in die party ontstaan oor die proses. Nandi-Ndaitwah is nie verkies nie maar aangestel, wat onder andere Swapo-veteraan Jerry Ekandjo warm onder die kraag gehad het. Nandi-Ndaitwah het in haar toespraak afgevaardigdes bedank en ‘n beroep gedoen op eenheid in die party.