NLU waarsku oor slenter wat boere teikenMarch 7, 2025
Die Namibiese Landbou-unie waarsku sy lede oor bedrieërs met slenters. In sy jongste nuusbrief sê hy die jongste bedrogspul behels mense wat hulle as amptenare van die landbouministerie voordoen en boere kontak en hervestigingsplase aanbied, op ‘n langtermyn-huurooreenkoms. Sodra die boer die ooreenkoms onderteken en betaal, verdwyn die swendelaars met die geld, en die kontaknommers werk nie meer nie. As lede enige verdagte oproepe of inligting ontvang waaroor hulle twyfel, moet hulle die unie kontak om die inligting te verifieer.