Renosterstorpery daal in SAMarch 7, 2025

Van Januarie tot Desember 2024, is 420 renosters in Suid-Afrika gestroop. Hiervan is 320 op staatseiendom doodgemaak en 100 in privaat parke, reservate of op plase. Dit is 79 minder as die 499 in 2023. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê onwettige handel in natuurlewe bly ʼn wêreldwye probleem wat ernstige, globale samewerking verg om die misdaadnetwerke te ontwrig: