SAPD se wangedragsake wek kommerMarch 7, 2025
Die DA vra vir die vinnige implementering van die Vrystaat Gemeenskapspolisiëringswetsontwerp na die skerp styging in polisiewangedrag in die provinsie. Die nuutste verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat toon ‘n toename van 11 tot 19 vir sterftes in aanhouding, asook ‘n verhoging in aanranding en verkragtingsake deur polisie. Roy Jankielsohn van die DA sê van die 338 sake wat na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys is, het slegs sewe sake tot skuldigbevindings gelei: