LP’s wil weet of Ombud befondsing kry vir LGBT-regteMarch 6, 2025
Die Kantoor van die Ombudsman-wetsontwerp, wat onder andere ten doel het om die ombudsman meer outoriteit en sy eie begroting te gee onafhanklik van die justisieministerie, is in die parlement bespreek. Veikko Nekundi, adjunk-minister van werke en vervoer, het gevra watter projekte onder die ombudsman se kantoor word deur Amerika en die Europese Unie befonds, veral die wat LGBT-regte bevorder en beskerm. Hy het verwys na Amerikaanse president Trump wat USAid-fondse opgeskort het.