Trump sê hy het pas begin, met VSA ‘wat terug is’March 5, 2025
President Donald Trump van Amerika sê sy regering het in 43 dae meer bereik as die meeste administrasies in vier of agt jaar, en hy sê hulle het nog net begin. Hy het Dinsdag sy eerste toespraak in die Kongres gehou sedert sy terugkeer na die Withuis. Trump sê van sy tasbare prestasies sluit in die uitvoerende bevele wat hy onderteken het, bevriesing van hulp aan die buiteland, minder onwettige immigrante wat oor die grens kom en die onttrekking aan internasionale organisasies. Hy sê Amerika se momentum is terug.