Malema ontken onderhandelings met ANC oor BTW-styging

Die EFF-leier, Julius Malema, het berigte verwerp dat sy party met die ANC onderhandel oor die voorgestelde styging in Belasting op Toegevoegde Waarde in die begroting. Volgens die Sunday Times, het die ANC gewaarsku dat indien die DA nie voorgestelde BTW-styging van 0,75-persent aanvaar nie, sal hy by die EFF aanklop vir steun om die begroting volgende Woensdag deur te voer. Malema sê die regering se versuim om die begroting te laat aanvaar, beteken die land is op stuuroutomaat.