Wantroue in Ramaphosa al groter

Meer as 50 persent van geregistreerde kiesers in Suid-Afrika sal ‘n mosie van wantroue in president Cyril Ramaphosa steun indien die regering onder sy leierskap nie vinnig genoeg hervorm nie, toon ‘n meningspeiling van die gesaghebbende Social Research Foundation. Bykans 55 persent van respondente glo Ramaphosa moes as ANC-leier bedank het ná verlede jaar se algemene verkiesing, waarin die party se steun van 57 persent in 2019 tot net 40 persent geval het.