Meksiko-hof sit voet neer oor olifant

Die hooggeregshof in Meksiko het ‘n dieretuin beveel om die gesondheid van ‘n Afrika-olifant genaamd Ely te verbeter. Kenners meen dit kan ‘n presedent skep, want dit erken diere het regte. Ely is al 13 jaar in die dieretuin in Mexikostad nadat sy uit ‘n sirkus gered is. Die diereregte-aktivis, Diana Valencia, sê sy sal steeds veg om die drie olifante in die dieretuin na ‘n toevlugsoord te verskuif. Sy sê olifante kan nie in gevangenskap leef nie, want dit skaad hulle wese en veroorsaak depressie.