Gholf: Norris neem voortou by Ope
Shaun Norris van Suid-Afrika het Vrydag die voortou geneem by die Suid-Afrikaanse Ope, terwyl sy landgenoot Dylan Naidoo ook ‘n mededinger bly met ‘n ronde van 61. Dale Whitnell van Engeland het beïndruk met twee kolhoue in ‘n enkele ronde by die Durbanse Buiteklub. Aan die einde van ‘n lang dag waarin die spelers die eerste ronde na ‘n opskorting moes afhandel en direk daarna met die tweede moes begin, het Norris sy eerste ronde afgesluit op 66 en in sy tweede ronde 64 aangeteken vir ‘n algehele voorsprong van 14 onder baansyfer.