Reptiele word uit Namibië gesmokkel

‘n Groot aantal reptiele word jaarliks op internasionale troeteldiermarkte gesmokkel, ingesluit versamelaars van eksotiese diere wat hulle in private dieretuine aanhou. Kandali Iiyambo, ‘n senior omgewingswetenskaplike by die Namibiese omgewingsministerie, gaan op 14 September om sewe-uur die ‘n praatjie oor reptielsmokkelary in Namibië, by die Wetenskapsvereniging van Namibië in Windhoek hou. Sy doen navorsing in die noordooste van Namibië en sy gaan fokus op die kwessies, uitdagings en aksies in Namibiese konteks. Intussen het slangnavorser Francois Theart aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die smokkel van reptiele is ‘n groot uitdaging in Namibië.

Theart het gesê reptiele word vermoedelik hoofsaaklik na Suid-Afrika en Europa gesmokkel.