Motorsport: Wêreldkampioen Marquez getroef
Die sesmalige wêreldkampioen, Marc Marquez, se broer Alex het hom getroef tydens die middagoefening voor die eerste wedrennaweek van die MotoGP-seisoen op Buriram in Thailand. Marc, die ouer broer wat by die Ducati-fabriekspan aangesluit het, was die vinnigste in die oggendoefening in uiters hoё temperature. Die 32-jarige Spaanse legende was in die middag ook op sy stukke om die vinnigste tyd aan te teken, voordat Alex later ‘n vinniger rondetyd behaal het. Brad Binder van Suid-Afrika was 12de vinnigste, net voor die dubbele wêreldkampioen, Francesco Bagnaia.