Handig dieregesondheidsverklarings in, produsente!
Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe-produkte Raad sê sommige produsente se dieregesondheidsverklarings, wat elke ses maande ingehandig moet word, is steeds uitstaande. Dit is ‘n amptelike dokument en moes voor 31 Januarie by die naaste veeartskantoor ingedien gewees het vir die tydperk Julie 2024 tot Desember 2024. Produsente wat nie die verklarings betyds indien nie, se brandmerke word beperk totdat dit ingedien is. Die raad moedig produsente aan om hul verklarings aanlyn deur die NamLITS stelsel in te dien. Verklaringsvorms kan ook afgelaai word vanaf sy webwerf en is beskikbaar by Staatsveeartsenykantore.